SportSport

Groot wen vir Volkies in eerste Pukreeks wedstryd

Volkies se 1ste XV het die standaard van hulle Pukreeks veldtog, Saterdag, 11 Maart in Boksburg gestel. 

Volkies se 1ste XV het die standaard van hulle Pukreeks veldtog, Saterdag, 11 Maart in Boksburg gestel.

Die Potchefstromers het met  5 – 41 oor Oosterlig van Boksburg geseëvier. Dit is vir Volkies ‘n baie goeie begin in die reeks.

Volkies was die beter span op die dag gewees en het hulle Oosrandse opponente in elke faset van die spel uitoorlê.

“Ons is baie bly oor die goeie wen, dit gee vir die ouens baie selfvertroue vir die volgende wedstryd. Daar is nog ‘n paar dinge waaraan ons kan werk. Veral by die losgemaal kan ons beter ondersetuning bied. Ons verdediging was goed gewees en dit is iets waarop ons kan bou,” het Chris Erasmus, direkteur van Rugby, na afloop van die wedstryd gesê.

Volkies se blitsige regtervleuel, Andrè Zeelie, het gewys dat hy nie slegs ‘n spoedvraat is nie, maar kan goed verdedig ook FOTO: Volkies Potch/FACEBOOK

Volkies gaan komende naweek hulle eerste tuiswedstryd van die seisoen teen Oos Moot speel. Alhoewel hulle ‘n sterk begin gehad het, sal hulle op hulle beste moet wees om ‘n sterk Oos Moot span te klop.

Oos Moot gaan kom om ‘n punt te bewys nadat hulle 48 – 7 in hulle eerste wedstryd teen Noordheuwel verloor het. Dit is ‘n moet wen vir beide Oos Moot en Volkies, en dit beloof om ‘n skouspel van Rugby te wees.

Die ander uitslae van die naweek se Rugby wedstryde is soos volg:

o/14A: 12 – 29

o/14B: 0 – 50

o/15A: 6 – 17

o/15B: 0 – 52

o/16A: 21 – 12

o/16B: 5 -0

Derdes: 8 – 19

Tweedes: 6 – 18

Eerstes: 5 – 41.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button