Gimmies het tergend naby gekom om Saterdag, 11 Maart, ‘n wen in hulle eerste Pukreeks wedstryd te beklink.
Hulle het met slegs een drie op tuisbodem teen Marais Viljoen verloor. Die eindtelling was 7 – 14 gewees.
Volgens John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies, het die span ten spyte va ndie verlies, goed gespeel.
“Dit begin al hoe beter gaan,” het Jackson gesê.
Volgens hom het diè span baie beserings wat dit nog moeiliker maak.
“Ons moet werk aan ons afronding,” het Jackson verduidelik.

Gimmies se volgende wedstryd in die Pukreeks is teen Lichtenburg, op 23 Maart weg. Gimmies gaan komende naweek teen Paarl Gimnasium speel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



