SportSport

Luiperds wen naelskraap teen hoogvlieënde Boland

Die Luiperds het Saterdag, 11 Maart, teen alle verwagting teen 'n sterk Boland span gewen. 

Die Luiperds het Saterdag, 11 Maart, teen alle verwagting teen ‘n sterk Boland span gewen.

Daar was nie baie hoop dat die Luiperds op Olënpark gaan wen nie. Hulle het in die laaste drie wedstryde gesukkel en baie punte afgestaan. Die Boland aan die ander kant was voor Saterdag onoorwonne en het ‘n punte verskil van 103 gehad.

Eric Herbert se troepe het krakter gewys om die oorwinning te kry. Een persoon wat nie verbaas is oor die spa nse 33-32 oorwinning nie, is hoofafrigter Eric Herbert.

“Ons het baie beter gespeel, maar moes maklik gewen het. Ons het onsself onder druk gesit op tye. Ons het twee belangrike afskoppe gemis waarvandaan hulle gaan druk het. Maar ek moet dit vir die ouens gee, hulle het vasgebyt tot die einde. Baie goed verdedig,” het Herbert gesê.

Dit was ‘n moeilike begin vir die Luiperds maar as hulle die soort karakter deur die res van die seisoen kan hou, mag dinge vir die Noordwesters draai.

Die Luiperds se volgende wedstryd is tuis teen Zimbabwe Goshawks op 25 Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button