
Tokkies moes die buit Saterdag, 11 Maart, in Meyerton deel.
Die Potchefstromers se 1ste XV het 12- 12 gelykop teen Laerskool Rissivile in ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel.
Rissiville is alombekend as een van die sterker Laerskole in Rugby.
Volgens Hendri Labushagne, afrigter van Mooirivier, kon dit enige kant toe gaan op die dag.
“Dit het regtig baie goed gegaan. Die span is besig om mooi bymekaar te kom. Ons moet nog aandag gee aan ons losgemaal en verdeding maar ons skrums lyk regtig goed. Nou is dit net om daai afronding te kry,” het Labushagne verduidelik.
Tokkies speel vanaand, 14 Maart, teen Vryheidsmonumet in die M.L Fick aandreeks. Diè wedstryd skop om 19:20 by M.L Fick se velde af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.