
Laerskool Saamtrek se 1ste XV het Saterdag, 11 Maart, vir Laerskool Helderkruin met 28 – 12 geklop.
Volgens Marc Campher, afrigter by by Saamtrek, het veral die seuns se harde werk op verdediging gehelp om die wen te beklink.
“Ons moet nog bietjie werk aan ons afronding. Daar was ‘n paar geleenthede om punte aan te teken wat ons nie gebruik het nie,” het Campher gesê.

FOTO: LAerskool Saamtrek/FACEBOOK
Saamtrek se volgende wedstryd vind vanaand, 14 Maart, teen Vaalpark by m.L Fick se velde plaas. Die 1ste XV skop om 18:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.