SportSport

NWU volstoom na tuis semi-finaal

"Die Ikeys wedstryd was wonderlik. Ek was net opgewonde om te speel want dit was my eerste wedstryd vir die jaar," het Sampie Swiegers, kaptein van die NWU Arende gesê na sy terugkeer van 'n besering af.

Die NWU Arende het Maandagaand hulle plek op tuisbodem in die halfeindrondte van die Varsitybeker kompetisie bespreek. Dit nadat hulle die Ikeys behoorlik met 42 – 26 vasgetrap het. Hoewel die halftyd telling 14-10 in die Tiere van Kaapstad se guns was, het die Arende met durf aanhou baklei.

Die rolmaal van die Arende lyk amper onstuitbaar. Dit is baie versterk deur die terugkeer van die Potchefstromer se talismaniese kaptein, Sampie Swiegers.

Foto: Zaahid Appoles

“Die Ikeys wedstryd was wonderlik. Ek was net opgewonde om te speel want dit was my eerste wedstryd vir die jaar,” het Swiegers gesê. Hy is tydens ‘n oefenwedstryd beseer waarna Riaan Genis die leisels oorgeneem het. Kort daarna is Genis ook beseer. Vernon Paulo het diè manne se skoene behoorlik volgestaan, hy lei van voor af en is tans die voorste driedrukker in die kompetisie. Paulo het in die wedstryd teen Ikeys in die tweede helftegou twee drieë gedruk. Sylvester Hassien, Ruben du Plessis en Naiden Jaarts het almal vir die NWU gaan druk. Zindedine Robin son het 17 punte met sy skopskoen bygedra.

“Dit is die grootste uitdaging in die kompetisie om daar in die wind te speel. So om daar te wen was verseker een van my gunsteling wenne vir die NWU. Ons het baie goed verdedig die eerste helfte en dit het ons die ‘game’ laat wen,” verduidelik Swiegers. Daar is nog een hekkie om oor te spring voor die Potchefstromers vir die halfeindrondte terug te keer huis toe. Wits wat Maandagaand Tuks tot die Varsityskild-kompetisie gerelegeer het is die Arende se volgende uitdaging. Wits sal baie selfvertroue in die wedstryd invat en hulle momentum wil behou.

“Wits gaan net so ‘n groot uitdaging wees. Hulle wil so hoog as moontlik eindig en gaan
heel waarskynlik moet wen om in ‘n halfeind te speel. Hulle skrums is sterk en hulle is ‘n span wat die bal kan hou en baie fases opsit. So plaas hulle druk op ander spanne. “Ons speel op die oomblik goeie rugby en het goeie
momentum, so ons wil daardie momentum behou vir ons semifinaal wat voorlê,” het Swiegers gesê. Die Potchefstromers speel Maandag, 3 April, teen Wits in Johannesburg. Die wedstryd skop om 19:00 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button