SportSport

Oud-Volkie maak weer naam op sy bergfiets by Cape Epic

Pieter du Toit en sy spanmaat, Marco Joubert as deel van die Imbuko TypeDev-span, behaal ‘n 12de algehele plek, asook 2de plek in die Afrika-kategorie.

Potchefstroom se top bergfietsryer en oud-Volkie, Pieter du Toit, het vanjaar vanaf 19-26 Maart weer fantastiese uitslae in die Absa Cape Epic-bergfietswedren behaal.

Du Toit en sy spanmaat, Marco Joubert as deel van die Imbuko TypeDev-span behaal ‘n 12de algehele plek asook 2de plek in die Afrika-kategorie.

Hulle het verlede jaar die Afrika-titel gewen, maar moes vanjaar met ‘n tweede plek in die moeilikste bergfiets skofwedren ter wêreld, tevrede wees.

Du Toit en Joubert eindig in ‘n algehele tyd van 27:59:12.8 oor 8 dae en sewe skofte se fietsry.

Phillip Buys (Suid-Afrika) en Alexander Miller (Namibië) is as die Afrika-kampioen gekroon nadat hulle ‘n algehele agtste plek behaal het.

Matthew Beers (Suid-Afrika) en Christopher Blevins (VSA) is as die algehele wenners gekroon. Beers en Blevins dra die geel trui met ‘n van 26:17:04.0.

Marco Joubert en Pieter du Toit. Foto: Paul Botma

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button