SportSport

Oud-Volkie vir Varsitybeker se Speler van die Toernooi-toekenning genomineer

Ondersteuners kan vir die NWU spelers, Gustav Erlank en Vernon Paulo aanlyn gaan stem.

Die NWU het vanjaar twee top spelers wat vir die gesogte Varsitybeker se Speler van die Toernooi (Player that Rocks) sowel as die Voorspeler van die Toernooi (Forward that Rocks) genomineer is.

Die oud-Volkie en agsteman, Gustav Erlank, sowel as die haker en driemasjien, Vernon Paulo, is die twee NWU Arende wat ‘n kans staan om hierdie toekennings te wen. Albei het fantastiese seisoene en verdien om in aanmerking te kom, veral met die dat hul span ook Maandag in die finaal speel.

Ondersteuners het die kans om dit vir beide Erlank en Paulo moontlik te maak deur vir hulle op die Varsitybekerblad te gaan stem.

Stemme sluit op Donderdag, 13 April om middernag.

Stem hier: https://www.varsitycup.co.za/news/vote-for-the-fnb-varsity-cup-2023-players-of-the-tournament

Al agt FNB Varsitybeker-hoofafrigters is gevra om drie spelers in elke kategorie te nomineer en is nie toegelaat om ’n speler van hul eie universiteit te nomineer nie. Sodoende is die top drie spelers gekies waarvoor die publiek nou kan stem.

Beide Erlank en Paulo se teenstander vir hierdie titel is Shimlas se rooikop, Lourens Oosthuizen.

Gustav Erlank en Vernon Paulo is die twee NWU spelers wat ‘n kans staan om met die 2023 Player that Rocks toekenning weg te stap. Foto: NWU.

Die wenners sal ná die FNB Varsitybeker-eindstryd op 17 April aangekondig word.

Daar is groot pryse op die spel vir die wenner met die algehele Player That Rocks-wenner wat met R10 000 beloon sal word. Die Voorspeler en Agterspeler van die Jaar sal met R7 500 wegstap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button