Die Luiperds moes vanmiddag (Saterdag, 22 April) met 33-25 teen die SWD Arende die knie buig voor hulle tuisskare in ‘n naelbytstryd op Olënpark.
Die Luiperds het ondanks ‘n 13-5 half-tyd voorsprong, nie die wedstryd beheer soos wat hul moes in die tweede helfte nie. Met ‘n 18-5 voorsprong was die tuisspan steeds in beheer na Carl Wijberg se drie vroeg in die tweede helfte, maar toe ontrafel sake.
Foto’s: Wouter Pienaar
SWD het op die Luiperds se foute geteer met SWD losskakel, Adriaan van der Bank, wat gedurig die Arende met sy skopvoet op die voorvoet gehou het.

Die Luiperds het moedig bly veg en was op ‘n stadium net een punt agter (26-25) met 5 minute oor. Die Luiperds se doppie is geklink toe Janneman Stander in die laaste minuut vir SWD oorduik.
Kwezi Mafu, Carl Wijberg en Miyelani Ngobeni het vir die Luiperds drieë aangeteken. Mpho Ntsane, Sachin Toring en Rosco Syster gaan druk vir die besoekers.
Lees meer in hierdie oor hierdie wedstryd in komende week se Potchefstroom Herald.



















