SportSport

Gimmies se netbalspanne stoom voort op die wentrein

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan was een van hul top spanne in die eerste Noordwesliga wedstryde vanjaar teen Wesvalia.

Potchefstroom Gimnasium se eerste netbalspan was een van hul top spanne in die eerste Noordwesliga wedstryde vanjaar teen Wesvalia. Gimmies klop Wessies met 32-25 in ‘n opwindende wedstryd.

Gimmies se eerste netbalspan het weer ‘n wen in die sak gesteek teen Wesvalia.

Die seunshokkiespanne wen ook hul vriendskaplike wedstryde teen Wesvalia. Die o.14A-seunshokkiespan het verlede week teen Klerksdorp Tegnies gespeel en hul uitstekend van hul taak gekwyt met ‘n 11-0 sege.

Gimmies se o.14 seuns hokkiespan vas veel te goed vir HTS Klerksdorp.

Die uitslae is soos volg:

Netbal:

o.14A: Gimmies 22-16 Wesvalia

o.14B: Gimmies 9-19 Wesvalia

o.15A: Gimmies 28-8 Wesvalia

o.15B: Gimmies 21-12 Wesvalia

o.16A: Gimmies 18-10 Wesvalia

o.16B: Gimmies 41-7 Wesvalia

o.17A: Gimmies 9-19 Wesvalia

1ste: Gimmies 32-25 Wesvalia

2de: Gimmies 22-10 Wesvalia

 Seunshokkie:

o.14A Gimmies 10-0 Wesvalia

o.16A Gimmies 10-0 Wesvalia

1ste Gimmies 9-0 Wesvalia

o.14A Gimmies 11-0 Klerksdorp Tegnies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button