SportSport

Gimmies vereer uitblinkers na uitnemende atletiekseisoen

Talle Gimmies het vanjaar op nasionale sowel as internasionale vlak hulle skool met trots verteenwoordig.

Die top atlete van Potchefstroom Gimnasium is tydens ‘n erkenningsfunksie op Donderdag, 11 Mei by The Roots Lifestyle Centre vir ‘n uitmuntende atletiekseisoen vereer.

Talle Gimmies het vanjaar op nasionale sowel as internasionale vlak hulle skool met trots verteenwoordig.

Sandri van Rooyen (100m en 100m hekkies) sowel as Sihle Mahlangu (400m) het Suid-Afrika by die CAA Junior en Jeugatletiekkampioenskappe in Zambië verteenwoordig. Hulle het sodoende albei die Gimmie-ambassadeur toekennings ontvang.

Foto’s: Wouter Pienaar

Hulle twee afrigters, Werner Burger (Van Rooyen) en Martin Marx (Mahlangu) is ook met trofees vereer as die afrigters van die jaar vir 2023.

Werner Burger (links) en Martin Marx (regs) met hulle toekennings as Afrigters van die Jaar.

Die spiesgooier, Stephané Hook, was ook uitstekend op individuele vlak vanjaar. Sy is ‘n dubbel SA kampioen nadat sy goud by die ASA Junior en Jeugkampioenskappe en die SA Skole Atletiekkampioenskappe in spiesgooi behaal het.

Hoogtepunte sluit in die feit dat Gimmies se atletiekspan volgende jaar aan die A-bond van die Super Interhoër sal deelneem nadat hulle die B-bond vanjaar gewen het.

Op plaaslike vlak was Gimmies ook as Noordwes Interhoër-wenners gekroon.

Anika Botes, Logan Botes, Jahndre Coetzee, Anchen Schutte, Mikayla Swanepoel, PC Schutte, Suné Greeff en Seegers du Plessis is ook in Gimmies se eerster atletiekspan opgeneem.

‘n Eretoekenning is aan oom Tommie Ferreira vir 45 jaar se atletiek-afrigting by Gimmies gegee. Hierdie legendariese afrigter is ‘n ikoon by Gimmies wat al talle atlete na groot hoogtes gelei het.

Die SA-kampioen in die mans 3000m, Jerry Motsau, het ook ‘n kort motiveringspraatjie op die aand gelewer om die atlete te inspireer om groot hoogtes te bereik.

Toekennings is as volg:

Beste naelloop-atleet: Sihle Mahlangu

Beste hekkie-atleet: Sandri van Rooyen

Beste worpe-atleet: Stephané Hook

Beste middelafstand-atleet: Rico Leijenaar

Junior Victrix Ludorum: Stephané Hook

Junior Victor Ludorum: Righardt Joubert

Senior Victrix Ludorum: Sandri van Rooyen

Senior Victor Ludorum: Sihle Mahlangu

Laerskool atlete wat aan SA’s deelgeneem het is ook vereer:

 

Naam & Van Skool Item(s)
Imke Bornman Baillie Park Gewigstoot & Diskusgooi
Ruan Cloete Fonteine Laerskool Sasol Spiesgooi
Ninke de Bruin Schweizer Gewigstoot & Diskus
Dewald de Villiers Ottosdal Gewigstoot & Diskus
Francois de Villiers Baillie Park Gewigstoot & Diskus
Xandri Dreyer Baillie Park Hoogspring
Dianie du Preez Mooirivier 200m hekkies
Lezanke Pienaar Baillie Park 100 & 200m
Aninka Strauss Schweizer 200m hekkies
Rudolf Swanepoel Fonteine Laerskool Sasol 100m, 80m hekkies & 200m hekkies
Renate van der Merwe Mooirivier Stap
Zuan van Riet Parys Hekkies
     

 

Hoërskool atlete van Gimmies wat aan SA’s deelgeneem het is ook vereer:

 

Naam & Van Item(s)
Anika Botes (14) 100m, 200m & 90m hekkies
Logan Botes (14) Gewigstoot & Diskus
Stephane Hook Spiesgooi & Gewigstoot
Mathilda Liebenberg 800m & 1500m
Jahndre Coetzee Spiesgooi
Righardt Joubert 100m, 100m hekkies & verspring
Ghiesla Bosch Gewigstoot
Doneli Steynberg Gewigstoot & Diskus
Stefanie Bamm (16) Hoogspring
Tihard Strydom (16) 800m & 1500m
Anchen Schutte (16) 800m & 1500m
Mikayla Swanepoel (16) Verspring & Naellope
Suné Greeff 400m hekkies & Verspring
Sandri van Rooyen 100m & 100mH
Alri Verster 800m & 1500m
Sihle Mahlangu 400m & HS
PC Schutte 800m &1500m
Abigail Viljoen 1500m & 3000m
Seegers du Plessis Hoogspring
Ilané Herbst 800m & 1500m
Rico Leijenaar 1500m & 3000m

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button