SportSport

Gimmies stel opwindende 50-beurt skolekrieketfees bekend

16 top skole van regoor die land gaan in hierdie historiese 50-beurt witbal skoletoernooi deelneem, wat ‘n eerste in Suid-Afrika is.

Krieketkoors skiet in die hoogte in vanjaar met die heel eerste Gimmies Krieketfees wat vanjaar vanaf 5-9 Oktober in Potchefstroom aangebied sal word.

16 skole van regoor die land gaan in hierdie historiese 50-beurt witbal skoletoernooi deelneem, wat ‘n eerste in Suid-Afrika is.

Sodoende vat Gimmies ‘n groot stap om hulle krieketvoetspoor verder te vergroot.

Die volgende top skole gaan in hierdie toernooi deelneem:

  • Potchefstroom Gimnasium (gasheer), Hoërskool Rustenburg, KHS (Noordwes).
  • Betlehem Voortrekker, Trio (Vrystaat).
  • Helpmekaar-kollege, Affies, Hoërskool Marais Viljoen, Hoërskool Dr. EG Jansen en Hoërskool Hans Moore (Gauteng).
  • Glenwood, Northwood, Westville (KwaZulu-Natal).
  • Boland Landbou, Hoërskool Durbanville en Hoërskool Brackenfell (Westelike Provinsie).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button