Die Luiperds het die afgelope naweek nog ‘n weg oorwinning teen die San Clemente Rhinos behaal.
Die eindtelling was 46 -15.
Die Luiperds se dominansie in die faste vasette was ooglopend. Die manne van San Clemente kon nie by die Noordwesters, se fisiekheid hou nie. Alhoewel die Rhinos vroeg in die wedstryd die voortou geneem het, het hulle op die Luiperde se foute ge-aas.
Toe die Luiperde eers, in die koue winderige toestande opgewarm was, was daar geen keer aan hulle gewees nie. Hulle het die Rhinos behoorlik geboelie.
Volgens Eric Herbert, hoofafrigter van die Luiperds, is die span besig om elke week beter te speel.
“Ons het goed geskrum, die rolmaal was baie goed gewees. Die studente at ingekom het maak ‘n groot verskil,” het Herbert gesê.
Die manne wat die Varsitybeker help wen het vir NWU Arende is by die Luiperds ingetrek. In besonder, Sampie Swiegers, Vernon Paulo en Ruben du Plessis het ‘n groot verskil vir die Noordwesters gemaak.



