SportSport

Volkies veg om Wessies in die rooi te druk

Met die telling 28- 9, sou meeste kenners nie vir Volkies se 1ste XV 'n kans gegee het om iets teen Wesvalia te red nie. 

Met die telling 28- 9, sou meeste kenners nie vir Volkies se 1ste XV ‘n kans gegee het om iets teen Wesvalia te red nie.

Aan die einde van die wedstryd het kenners almal op hulle neuse gekyk.

Volkies se 1ste XV het Saterdag, 20 Mei  28 elk gelykop teen ‘n sterk Wesvalia span in die SDC Noordvaal Bowl-toernooi gespeel. Gegewe dié twee spanne se NWU-Prestigereeks vertonings, het slegs die die geharde Volkies aanhangers vir die Potchefstromers ‘n kat se kans gegee.

Aan die begin van die wedstryd het dit ook gelyk of die Bruin Bere van Klerksdorp nog ‘n slagoffer gaan opraap. Die Potchefstromers het na halftyd na ‘n ander at oorgeskakel, en die momentum het na hulle kant toe gedraai.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies, is hy ongelooflik trots op die karakter wat sy span gewys het.

“Dit was ‘n harde moeilike wedstryd. Wesvalia is ‘n baie goeie span met goeie individuele spelers. Ek is baie trots op die spanpoging wat die ouens geloots het. Die manne het nie ekstra motivering nodig gehad nie, ons weer vanjaar nie een speler in die Luiperds oefengroepe nie, so dit was motivering vir seuns om iets te gaan bewys,” het de Beer gesê.

Volgens hom was dit ook die ideale voorbereiding vir die naweek, 27 Mei, se Classic Clash teen Gimmies.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button