
Die laaste ligawedstryd voor die laerskole-rugby uitkloprondtes tussen Baillies en Tokkies gaan bepaal watter een van diè skole se eersterugbyspanne die halfeindstryd gaan haal.
Baillies en Tokkies gaan Dinsdag, 30 Mei, mekaar die stryd aansê. Nadat Baillies naelskraap Dinsdag, 23 Mei, teen Saamtrek verloor het en Tokkies op dieselfde dag gelykop teen Lahoff gespeel het. Is dit nou of nooit vir albei spanne.
As Baillies wen is gaan hulle deur, as Tokkies wen dan sal hulle die volgende rondte haal. Tokkies het so klein bietjie van ‘n voorsprong omdat hulle slegs ‘n gelykop uitslag nodig het om deur te dring.
Albei afrigters van die verskeie skole se eerste spanne is dit eens dat dit nou of nooit is.
“Ons het goed gespeel teen Lahoff, ons vaste fasette was goed gewees. Als is nou op die spel teen Bailliepark,” het Hendri Labushagne, afrigter van Mooirivier se 1ste XV gesê.
Volgens Andrè Olivier gaan dit nie ‘n maklike taak wees nie.
“Ons speel by hulle wat dit bietjie moeiliker maak. Dit gaan ‘n baie goeie wedstryd wees,” het hy gesê.



