SportSport

Classic Clash: Tyd om nog ‘n hoofstuk te skryf

"Jy word deel van die dorp se geskiedenis. Elke jaar skryf jy 'n paragraaf by. Dit is 'n groot voorreg," dit is hoe Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, die 'clash' tussen Gimmies en Volkies beskryf.

“Jy word deel van die dorp se geskiedenis. Elke jaar skryf jy ‘n paragraaf by. Dit is ‘n groot voorreg,” dit is hoe Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, die ‘clash’ tussen Gimmies en Volkies beskryf.

Dit is dalk ‘n clichè, maar dit is die waarheid. Een keer per jaar word Potchefstroom in twee gedeel. Jy is of rooi of blou, Volkies of Gimmies. Alhoewel diè twee skole op verskeie terreine teen mekaar in die ‘clash’ te staan kom, is die tweegeveg die grootste op die rugbyveld. Gimmies is die gasheer vir vanjaar se ‘clash’. Die groot wedstryd van die naweek word Saterdag om 12:30 op die Mooivallei-sportgronde gespeel. Sedert 2000 het die ‘clash’ 22 keer plaasgevind. In 2020 en 2021 is die wedstryde weens die Covid-pandemie nie gespeel nie. Van die 22 kragmetings het Gimmies 11 gewen en Volkies het nege keer as wenner uit die stryd getree. Daar was slegs een keer waar die spanne gelykop gespeel het, in 2009. Of jy nou rooi of blou is, sal jy nie vir ‘n gelykop uitslag hoop nie.

Die historiese uitslae tussen Gimmies en Volkies in die Classic Clash GRAFIEK:Wouter Pienaar

 

 

 

As daar na vanjaar gekyk word, het Gimmies se 1ste XV bietjie beter in die NWU Prestigereeks gevaar. Volkies se spelpeil het sedert die einde van die reeks baie verbeter. Volkies speel in die SDC Noordvaal bowl-kompetisie waar hulle vir Dr. Malan met 45 punte gewen het en die naweek daarna ‘n goeie terugvegpoging teen Wesvalia geloots het om die wedstryd gelykop te eindig. Op die dag gaan geskiedenis en huidige vorm niks beteken nie. Eindstryde, wedstryde wat in die reën gespeel word en ‘derbies’ is groot gelykmakers. De Beer glo dat hulle vanjaar so ‘n bietjie as die buiteperd beskou word. “Gimmies het ‘n beter plek in die NWU-reeks verower. Hulle is ‘n goeie span. So ek dink dit gaan ‘n harde, taai wedstryd wees. Die span wat dit die meeste wil hê gaan bo uitkom. Dit is ‘n groot voorreg om deel van iets groter te wees as net die wedstryd. Dit is nie net tussen die twee skole nie, dit is deel van die dorp. Almal wat betrokke is word deel van die nalatenskap van die dorp,” het De Beer gesê. Volgens hom gaan hulle niks as vanselfsprekend aanvaar nie en aanhou hard werk om vir die wedstryd voor te berei. John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies, weet dat enige iets kan gebeur.

“Die bal is nie rond nie, maar ons is opgewonde oor die wedstryd. Dit gaan ‘n grote wees. My boodskap aan die seuns deurgaans was dat dit ‘n normale wedstryd is. Ons gaan niks nuuts probeer doen nie, die seuns moet dit inneem en elke oomblik op die veld geniet,” het Jackson gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button