SportSport

Gimmies troef Volkies in Classic Clash

Toe die stof na 70 minute se klipharde rugby gaan lê is Gimmies se vuiste omhoog met 'n 26-13 oorwinning teen Volkies in die eerstespan rugbystryd.

Toe die stof na 70 minute se klipharde rugby gaan lê is Gimmies se vuiste omhoog met ‘n 26-13 oorwinning teen Volkies in die eerstespan rugbystryd.

In hierdie Classic Clash-kragmeting wat vanmiddag (Saterdag, 27 Mei) op die Mooivallei Sportgronde plaasgevind het, het Gimmies en Volkies albei puik rugby voor hul ondersteuners gespeel.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies het net hul geleenthede beter benut en die druk op Volkies veral in die tweede helfte geplaas. Volkies kon net nie op die dag op alle silinders gevuur wanneer dit nodig was nie.

Een van Gimmies se helde wat David Ndala wat twee drieë in die eerste helfte gedruk het. Die vleuel het nie baie balbesit gehad nie, maar sy kanse uitstekend afgerond. Die oopkantflank en hoofseun, Dewald Lubbe, sowel as Dian Smith het ook vir Gimmies gaan druk.

Kyk die aksiefoto’s hier:

Gimmies se lynstaan werk was ook uitstekend met Kyle Williams wat baie probleme vir Volkies veroorsaak het.

Vir Volkies was Christo Rose goed op losskakel en het al sy span se punte aangeteken, wat ‘n drie, ‘n doelskop en twee strafskoppe ingesluit het. Volkies se skrums ook ‘n paar keer vir Gimmies laat sweet. Volkies se vasskop, Johan van Tonder, was ook deurgaans goed op verdediging en het ‘n paar goeie lopies gemaak.

Gimmies se eerstespan-oorwinning maak dit 4-0 ten opsigte van eerstespan wedstryde, met seges in hokkie, netbal en rugby. Algeheel wen Gimmies 23 van die 28 wedstryde in die 2023 Classic Clash.

Lees meer komende week in die Herald vir ‘n in diepte verslag oor die Classic Clash uitslae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button