Baillies Boogskiet het vanjaar besluit om ‘n Welpie-span vir skuts in graad 2 en 3 te begin.
Baillies het aanvanklik met drie dogters begin en het tans nege Welpies. Christelle Maritz is ‘n graad
2-leerder van Laerskool Baillie Park.
Sy is sedert verlede jaar deel van Baillies se boogskietfamilie.
Sy het haar ouer broer, Gerhard Maritz, altyd by boogskiet kom ondersteun, saam met die span begin oefen en wou altyd saam met hulle aan boogskietkompetisies deelneem omdat sy geweet het sy kan dit doen.

50 telling in ‘n kompetisie wat Saterdag, 27 Mei by Wesvalia gehou is. Foto:
Verskaf
Alhoewel sy te jonk was om aan kompetisies deel te neem, het sy steeds saam met die span geoefen en haar broer by elke kompetisie kom ondersteun.
Sy het vanjaar aan kompetisies begin deelneem en sy is tans Laerskool Baillie Park se top boogskut. Sy het aan ses kompetisies deelgeneem en het by elkeen van hulle ‘n goue medalje ontvang.

Christelle is tot dusver die enigste boogskut van Baillie Park wat ‘n allemintige telling van 292 uit 300 tydens ‘n kompetisie kon behaal.
Sy het ook drie keer (by twee verskillende kompetisies) ‘n perfekte
rondte van 50 uit 50 geskiet. Dit maak haar dan ook die top puntemaker in Baillies se skoolspan.
“Wat sy sê, word waar omdat sy positief en selfversekerd is. As sy sê ‘ek sal ‘n 290 skiet’, is dit presies
wat sy doen. Hierdie dogter is ‘n inspirasie vir ons almal. Sy is vasberade om net die beste te wees. Sy
oefen hard en het die wonderlikste passie vir die sport,” noem die afrigters.




