SportSport

Lewensredders maak naam in Kanada

Linique Rowles, ‘n graad 10-leerder van Potchefstroom Gimnasium het vir die SA presidentspan deelgeneem

Twee plaaslike lewensredders het verlede maand van 13-18 September, hulle talente in Kanada in die RLSS Statebond Lewensreddingkampioenskappe in Windsor, Kanada, ten toon gestel.

Linique Rowles, ‘n graad 10-leerder van Potchefstroom Gimnasium het vir die SA presidentspan deelgeneem, terwyl ‘n student op die NWU Potchefstroomkampus, Zanje van Rensburg vir die SA nasionale span verteenwoordig het. Beide swem vir die Harties Reflections-klub.

Beide die SA presidentspan en SA span het derde plekke behaal. Linique se aflosspan het ook drie bronsmedaljes gewen.

Zanje van Rensburg, ‘n NWU student, het die SA lewensreddingspan in Kanada verteenwoordig.

Zanje en Linique eindig ook onder die top 10 in hulle individuele items.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button