SportSport

Volkies se eerste krieketspan is Noordweskampioene vir ‘n rede

Volkies se roete na Noordvaal-glorie is wel die afgelope Saterdag, 28 Oktober in Pretoria beëindig nadat ‘n baie sterk Waterkloof span hulle met 5 paaltjies in die kwartfinaal geklop het.

Volkies se eerste krieketspan het vanjaar bewys waarom hulle die o.19A Noordwes ligawenners is nadat hulle al hulle opponente gemaklik geklop het.

Reusagtige oorwinnings was aan die orde van die dag vir hierdie talentvolle span in dié 50-beurt kompetisie wat ook met ‘n Diamantveld Krieketfees-trofee en ‘n vyfde algehele plek by die Noord-Suid T20 toernooi spog.

Ludwich Schuld.

Volkies vorder na die Noordvaal kwartfinaal na ‘n 6-paaltjie sege teen Hoërskool Pietersburg. Eduan van der Merwe neem 3/16 in 10 boulbeurte om Pietersburg tot 127 almal uit te beperrk. Volkies behaal die teiken sonder moeite in 16.4 boulbeurte met Louis van Wyk (51 van 46 balle) wat die jaagtog lei.

Volkies se roete na Noordvaal-glorie is wel die afgelope Saterdag, 28 Oktober in Pretoria beëindig nadat ‘n baie sterk Waterkloof span hulle met 5 paaltjies in die kwartfinaal geklop het.

Ten spyte van ‘n telling van 276/9 kon Volkies nie Klofies se kolwers stuit nie. Beknopte telkaarte (Noordwes o.19A liga): Wian Ruthven (81), Riley Miller (71*) en Markus Bakker (57) neem Waterkloof na ‘n wen.

Vir Volkies moker Louis van Wyk ‘n fantastiese 89 (66 balle) en Volkies se kaptein, Ludwich Schuld, ‘n bestendige 58. Algeheel het Schuld ‘n briljante 2023 vir Volkies waar hy ongeveer 1 400 lopies in verskeie formate aanteken.

Dian Liebenberg (4/25) was uitstekend met sy draaiballe.

Hy is ook as Volkies se sportseun van die jaar aangewys. In die Noordwes-liga slaan Schuld ‘n 114 teen Lichtenburg en 159 teen KHS. In dié liga wen Volkies al hulle wedstryde (een eindig onbeslis weens reën). Onder die afrigting van Wynand Schmitt en David Crowther behaal hierdie o.19A span groot suksesse danksy puik kolf- en boulwerk.

“Ons was nie een keer uitgeboul nie. Ons het elke keer ons beurt deurgekolf en ‘n groot telling aangeteken. “Wat vir my uitstaan van die boulwerk, is dat daar net een span was (Gimmies) wat meer as 100 lopies teen ons gekry het. Die ander kere het al die spanne minder as 90 teen ons gekry,” vertel Volkies se o.19A hoofafrigter, Wynand Schmitt.

Beknopte telkaarte:

Volkies teen Lichtenburg:

Volkies: 267/8

Lichtenburg: 71 almal uit

Volkies wen met 197 lopies

Volkies teen Gimmies:

Volkies: 291/8 (Attie Liebenberg 100 en Kobus Pienaar 80*)

Gimmies 122 almal uit (Dian Liebenberg 4 vir 26 in 10 beurte)

Volkies wen met 169 lopies

Volkies teen Fields College:

Volkies: 364/7 (Berno de Klerk 165*)

Fields College: 32 almal uit (Lunga May vat 5 vir 19)

Volkies wen met 332 lopies

Volkies teen KHS:

Volkies: 358/9 (Ludwich Schuld 159) KHS: 62 almal uit

Volkies wen met 296 lopies

Volkies teen Brits:

Brits: 98 almal uit (Kobus Pienaar vat 5 vir 11)

Volkies wen met 7 paaltjies

Volkies teen Rustenburg:

Volkies: 306/6 (Attie Liebenberg kry 105)

Rustenburg: 83/7.

Wedstryd eindig onbeslis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button