SportSport

Plaaslike stappers ryg goud in by gemengde afloskampioenskappe

Twee plaaslike stappers, Antonio Farmer en Jessica Groenewald, is die eerste ASA 40km gemengde aflos stapkampioene. Hierdie byeenkoms het op Saterdag, 21 Oktober in Pretoria plaasgevind. Farmer en Groenewald het teen SA atlete, Wayne Snyman en Janise Nell deelgeneem en hierdie gerekende teenstanders op die dag geklop. Die man begin met 10km, gevolg deur die …

Twee plaaslike stappers, Antonio Farmer en Jessica Groenewald, is die eerste ASA 40km gemengde aflos stapkampioene. Hierdie byeenkoms het op Saterdag, 21 Oktober in Pretoria plaasgevind.

Farmer en Groenewald het teen SA atlete, Wayne Snyman en Janise Nell deelgeneem en hierdie gerekende teenstanders op die dag geklop.

Die man begin met 10km, gevolg deur die vrou wat dan 10km stap, voordat daar weer beurte vir die laaste twee 10km skofte geneem word.

Jessica Groenewald en Antonio Farmer is die kampioene van die 40km aflos stapkampioenskappe wat op 21 Oktober in Pretoria plaasgevind het. Foto: Verskaf.

“Dit was ‘n harde, maar baie lekker byeenkoms. Die 40km word deur die man en vrou opgedeel,” vertel Farmer.

Hierdie atletiekbyeenkoms gaan ook by die Olimpiese Spele in 2024 plaasvind. By die Olimpiese Spele sal dit dan oor ‘n maratonafstand (42.2km) gebeur.

Die SA byeenkoms was dus ‘n goeie proeflopie vir dit wat vir stapatlete by die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk sal wag.

Related Articles

Back to top button