Tien skole se jong atlete sorg vir vuurwarm aksie tydens Laerskool Mooirivier se Prestige Atletiekbyeenkoms wat vandag (Vrydag, 26 Januarie) by die NWU McArthur Atletiekstadion plaasvind.
Die stadion is alreeds kort na 12:00 volgepak gewees met ouers en ondersteuners wat die atlete met mening aangemoedig het.
Kyk die video hier:
Laerskool Mooirivier (gasheer), Laerskool Baillie Park, Laerskool Risiville, Laerskool Vastrap, Potchefstroom Central School, Laerskool ML Fick, Laerskool President Pretorius, Potch Primary School, Laerskool Burgersdorp en Laerskool Lichtenburg neem deel aan die verrigtinge.
In versengende hitte het die atlete op die baan en veld hulle staal gewys. Die aksie behoort tot en met 18:00 aan te hou vanmiddag.
Kyk die foto’s hier:






