SportSport

Gimmies rig visier op Monnas hierdie Saterdag

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan is gereed om op tuisveld hierdie Saterdag, 27 Januarie hul beste voet voor te sit teen Hoërskool Monument in die Finsbury B-liga. 

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan is gereed om op tuisveld hierdie Saterdag, 27 Januarie hul beste voet voor te sit teen Hoërskool Monument in die Finsbury B-liga.

Dit was Saterdag, 20 Januarie juis eenrigtingverkeer vir Gimnasium se eerste krieketspan teen Hoërskool Montana met ‘n 9-paaltjie oorwinning in die Finsbury B-liga.

Gimmies se ster was die veelsydige Tommie Botha wat 4/21 met sy draaiballe behaal het om Montana vir slegs 123 uit te knikker.

Die draaier, Caiden Seleka, vars terug van die Cubsweek in Stellenbosch, was ook op sy stukke met 2/19. Botha sit sy speler van die wedstryd-vertoning voort met ‘n 65 nie uit nie van 86 balle.

Die wedstryd teen Monnas begin om 09:00 op die Gimmies Oval.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button