Sport

Begeesterde Volkies val vas in Centurion

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se eerstsepan, was dit 'n moeilike wedstryd met 'n paar van die bal af insidente. "Ons gaan maar net moet beter word," het de Beer gesê.

Volkies het Saterdag, 16 Maart, ‘n hoë tempo NWU prestige reeks kragmeting teen Hoërskool Zwartkop 32 – 23 verloor.

Die intensiteit en tempo waarmee dié twee spanne gespeel het, is net deur die hitte ge ewenaar. Volkies het met krag en mening in elke duikslag in gegaan. Alhoewel Zwartkop se pak voorspelers fisies groter as die van die Potchefstromers was, het hulle nie ‘n tree terug gestaan nie. Die telling was drie elk toe Volkies ‘n geelkaart kry vir ‘n duikslag sonder arms. Zwartkop het hierdie geleentheid nie laat glip nie, en het teen halftyd met 22 -3 voorgeloop. Die manne van Centurion het hulle spoed en vaardighede gewys toe hulle die punte inryg.

Dit het gelyk of die tweede helfte meer van dieselfde sou wees nadat Zwartkop op ‘n fout deur Volkies by die afskop gekapitaliseer het, om weer te gaan druk. Volkies het egter ander planne gehad. Die Potchefstromers het geweier om op te gee. In die 55ste minuut het hulle gaan druk, toe is hulle sterte op. In die 59ste minuut het hulle weer gaan druk. Met 10 minute se speeltyd oor, is die telling 27 – 23. In die laaste oomblikke van die wedstryd, kry Zwartkop weer die bal terug en gebruik hulle spoed om weer in die hoek te gaan druk.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se eerstsepan, was dit ‘n moeilike wedstryd met ‘n paar van die bal af insidente. “Ons gaan maar net moet beter word,” het de Beer gesê.

 

Vir meer rugby nuus:

 

Local Rugby Hub

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button