SportSport

Luiperds wil naam in ere herstel teen Valke

Die Noordwesters het in die SA beker met 50 -19 in Kempton Park teen die Valke verloor, dit is iets wat hulle wil regstel. 

Dit gaan vir die Luiperds oor, om die Engelse woord te gebruik, ‘Redemption’ komende Saterdag teen die Valke.

Die Noordwesters het in die SA beker met 50 -19 in Kempton Park teen die Valke verloor, dit is iets wat hulle wil regstel.

“Dit is nie wraak nie, wraak gaan oor die opponent, ons wil beter wees vir onsself,” het Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds verduidelik.

Met slegs twee noodgedwonge veranderinge in die span wat teen Grens gewen het, en boonop met tuisveld voordeel, behoort die Luiperds goeie rekenskap van hulleself te kan gee. Volgens Proudfoot is die spelers passievol oor hulle tuisgrond.

“Dit is vir hulle baie spesiaal, ons probeer dit meer spesiaal maak deur nie elke dag op die A veld te oefen nie. So wanneer hulle opdraf is daar ‘n ekstra energie by die spelers,” vertel Proudfoot.

“Teen die Valke moet jy die fisieke stryd wen, jy moet in hulle gesigte wees. As jy vir hulle tyd en spasie gee, gaan hulle jou flou hardloop. Wen of verloor wil ek sien dat ons ‘n goeie fisiese stryd voer,” verduidelik hy.

Dit is dalk ‘n moeilike dag om toeskouers by die Hoenderhok te kry, met die Bokke en Bulle wat albei Saterdag, 22 Junie in aksie is.

Die wedstryd tussen die Luiperds en die Valke skop 22 Junie, om 15:00 op Olenpark af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button