SportSport

Potch Dorp veg vir plek in halfeindstryd

Die wedstryd skop Saterdag, 29 Junie op Dorp se velde om 15:30 af. 

Potch Dorp gaan komende naweek teen die Hurricanes van Stilfontein hulle veldtog voortsit.

Na ‘n rits wedstryde waar hulle naelskraap verloor het, is hulle nou in ‘n geveg om die halfeindstryd van die Vision Sports Neserliga te behaal.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, is hy positief oor doe wedstryd teen Hurricanes.

“Ons het ‘n paar spelers terug wat uit was, so ek voel goed oor wedstryd. Dit is boonop tuis. Ons vat geen wedstryd nou as maklik nie. Elke wedstryd is nou vir ons ‘n moet wen,” het Stewart gesê.

In die laaste drie wedstryde het Potch 1 gelykop gespeel en twee met minder as sewe punte verloor. Dit sal vir die Potchefstromers hoop gee tee ‘n sterk Stilfontein span. Daar is slegs vier wedstryde oor voor die halfeindstryde en Dorp het nogsteeds ‘n kans om die uitklop rondtes te haal.

Elke wedstryd het vordering gewys wat Dorp nou op kapitaliseer. Die wedstryd skop Saterdag, 29 Junie op Dorp se velde om 15:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button