Sport

Luiperds bring versterkings in vir OP

"Ek het gesê ek wil die span versterk, en dit is wat ons nou begin doen,"

Die Luiperds het drie voormalige Varsitybeker spelers ingespan om die naweek teen die OP diens te doen.

Junior White, Sylvester Hassien en Waqar Solaan het al drie verlede jaar Varsitybeker rugby gespeel. White en Hassien by die NWU en Solaan het vir Maties uitgedraf.

Dit nadat hulle van hulle kontrakte by die Pumas vrygestel is. Mense sê, jy het ‘n bietjie geluk ook nodig om kompetisies te wen. Hierdie is dalk Proudfoot en die Luiperds se tikkie geluk.

“Junior en Sylvester was al hier betrokke, al die afrigters by die NWU is vol lof vir beide spelers. Waqar ken ek van Maties af, waar ek saam met hom gewerk het. Ek vertrou hom, hy is ‘n goeie speler en ‘n baie goeie mens. Hulle gaan nou by ons wees tot aan die einde van die kompetisie. Hopelik kan ons hulle op die lang termyn hier hou,” het Proudfoot gesê.

Die Luiperds het ‘n goeie vertoning teen die OP nodig, om hulle kanse vir ‘n plek in die halfeindstryd aan die lewe te hou. ‘n Maklike wedstryd gaan dit beslis nie wees nie. Die Luiperds gaan vanaand, 27 Junie, al die 15 uur busrit na Kariega aanpak.

“Ons gaan ‘n goeie verdedigingsvertoning moet gee teen hulle. Dit is dalk baie gevra van die spelers na die lang reis, maar dit gaan ons toets om te kyk hoe ver ons gekom het,” verduidelik Proudfoot

Die Luiperds se wedstryd teen die OP skop om 15:00 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button