SportSport

Luiperds moet wen vir plek in uitkloprondtes

Die Luiperds se wedstryd teen SWD skop om 15:00 op Olënpark af. Toegang is gratis. 

“Ons speel nou net vir ‘n plek in die halfeindstryd. Dit is ons doelwit,” so het Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds oor die naweek se wedstryd teen SWD gesê.

Die Noordwesters pak die SWD op die hoenderhok aan, nadat hulle verlede naweek deur die Boland pak gegee is.

Die Luiperds het die wedstryd in Wellington met 71 -7 verloor. Na die verlies moet hulle Saterdag, 13 Julie, teen SWD wen om ‘n plek in ide halfeindstryd van die kompetisie te verseker. SWD sal dit nie vir hulle maklike maak nie, aangesien hulle ook nog die halfeindstryd  kan haal.

“Ons het onsself in die steek gelaat teen Boland en dit is iets wat ons wil reg stel. Dit is nou ‘n nuwe wedstryd. Ons is die tuisspan, en ons gaan meer ons tipe rugby speel,” het PRoudfoot oor die naweek se kragmeting gesê.

Volgens hom gaan dit neerkom op watter span dit die meeste wil hê. Die Luiperds se wedstryd teen SWD skop om 15:00 op Olënpark af. Toegang is gratis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button