SportSport

Luiperds mis halfeindstryd oor punte verskil

DIe Luiperds se seisoen is nou op 'n einde.

Die Luiperds mis vanjaar se Curriebeker eerste afdeling se halfeindrondte op punte verskil.

Die Luiperds het Saterdag teen die SWD kragte gemeet. Dit was ‘n moet wen wedstryd vir beide spanne, om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Die Luiperds was vol vertroue vir dié wedstryd, maar moes op die einde 45 – 33 die knie teen SWD buig.

Die SWD en Luiperds het met dieselfde hoeveelheid ligapunte geëindig, maar die SWD se punte verskil (-21) is beter as die Luiperds s’n (-79).

Volgens Matt Proudfoot, hoofafrigter van die Luiperds, het sy troepe te veel foute op die dag gemaak.

“Ons was fisies dominant gewees, maar het te veel balbesit aan ‘n baie aanvallende span gegee,” het Proudfoot gesê.

Die Luiperds se seisoen het tot ‘n einde gekom maar daar sal reeds onder die unie se breinstrust besig word met beplanning vir die volgende veldtog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button