SportSport

Top skole se sewes kom Potch toe

Dit beloof om 'n naweek van aksie te wees wat inwoners nie moet misloop nie.

Grey College, Paul Roos, Boland Landbou, wat dink jy wanneer jy dié skole se name hoor? Rugby.
Dit is presies wat die NWU komende naweek op 6 en 7 September gaan aanbied, ‘n fees van sewes rugby van die land se beste presterende skole. Alles op jou voorstoep in Potchefstroom.

Daar gaan ook Saterdagoggend tussen vier plaaslike skole kragte gemeet word. Volkies, Gimmies, Ferdies en HTS Potchefstroom gaan teen mekaar speel voor die toernooi aangaan. Dit gaan ‘n behoorlike sewes toernooi wees. Al die wedstryde gaan op die Fanie du Toit se A en C velde gespeel word. Kaartjies is slegs R10 om die rugby skouspel te kom geniet. Die wedstryde skop Vrydagaand om 18:20 af, waar Paul Roos en Wesvalia van Klerksdorp teen mekaar gaan kragte meet. Wedstryde hou tot 21:00 waarna dit Saterdagoggend hervat word. Die alghele wenner van dié prestige toernooi gaan prysgeld van R100 000 wen.

Dit beloof om ‘n naweek van aksie te wees wat inwoners nie moet misloop nie. Kaartjies kan aanlyn by

https://qkt.io/gGl49a gekoop word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button