
Die NWU het vanoggend, 18 Februarie, hulle Varsitybeker veldtog teen die Universiteit van Kaapstad afgeskop.
Dit nadat die wedstryd Maandag weens betogings uitgestel moes word. Die NWU het 3-23 voorgeloop teen halftyd maar moes op die einde 32 -23 die knieg teen die Kapenaars buig.
Ikeys het drie drieë in die tweede helfte gedruk om die Potchefstromers te klop. Dit sou nie die begin wees wat die NWU voor gehoop het nie, maar volgende week is, hulle weer op tuisbodem teen Maties. Dit gaan beslis nie ‘n maklike wedstryd vir die Potchefstromers wees nie, met Maties wat ‘n goeie oorwinning oor Shimlas in die eerste rondte beklink het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



