
Gimmies het hulle Finsbury B-afdeling veldtog sterk teen Centurion sterk afgesluit. Die Potchefstromers het met beide die 1ste XI en die o.15A span die Pretorianers met meer as honderd lopies geklop.
Die 1stes het eerste gekolf en 263 in hulle 50 beurte gemaak. Christivan Coetzer 74 (60) en Nico Jordaan 74 (81) was die voorste kolwers op die dag gewees. Centurion i sdeur Gimmies se bowl aanval wat deur Caiden Seleka 3/22 en Ruhann Steenkamp 2/19 gelei is vir 152 gestuit.
Die 1ste XI het derde op die punteleer geëindig terwyl die o.15s vierde geëindig het. Die skool het algeheel vierde in die liga klaar gemaak.
Volgens Jandré Jacobs, Gimmies se direkteur van krieket, was dit maar ‘n moeilike begin van die veldtog maar hy glo dat daar ‘n goeie fondasie gelê.
“Ons het twee baie jong spanne wat vanjaar deel geneem het. Ons wil steeds graag op skuif na die A afdeling toe, hopelik kan ons dit volgende jaar doen met ‘n baie meer ervare span,” het Jacobs gesê.
Gimmies sal meeste van hulle spelers by die 1ste XI en o.15s behou wat gaan maak dat volgende jaar se veldtog een gaan wees om dop te hou.