SportSport

Driekuns vir NWU daarmee heen

Die jong manne, wat die verdedigende kampioene is, was op koers om dalk die kompetisie vir 'n derde agtereenvolgende keer te wen.

Die NWU se Young Guns het gister middag, met slegs een punt in hulle halfeindstryd teen Ikeys verloor.

Die jong manne, wat die verdedigende kampioene is, was op koers om die kompetisie vir ‘n derde agtereenvolgende keer te wen. Hulle het die werk gedurende die seisoen gedoen, deur slegs een wedstryd te verloor. Sodoende het hulle ‘n tuis halfeindstryd teen Ikeys verseker.

Maar Maandagmiddag het die hoop van ‘n driekuns begin vervaag. Die NWU het die wedstryd 46 -47 verloor. Wits en Ikeys sal nou vir die Young Guns kroon meeding.

Hannes Esterhuizen ,hoofafrigter van NWU se Young GUns, het va ndie begin af geweet dit gaan nie ‘n maklike wedstryd wees nie. Hy voor die wedstryd aan die Herald gesê, sy troepe is reg vir ‘n geveg.

“Ons het net te veel duiksale gemis, wat vir hulle maklike drieë gegee het. Daar was ‘n klomp beserings het ook nie gehelp nie. Maar ons het genoeg kanse gehad om wedstryd te wen,” het Esterhuizen gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button