“Wanneer die hype en die kollig en al die goed langs die minste is. Wanneer daar nie meer glans is nie en dit raak al hoe taaier en die seisoen word langer dan doen jy dit vir ietsie groter, jy doen dit vir jou skool. Baie ouens speel net tot by die Clash want dit is groot en hulle wil deel wees daarvan, maar die lojale kinders speel deur die clash en maak die seisoen klaar,” so het Mighael de Beer hoofafrigter van Volkies se 1ste XV gesê.
Volkies het Vrydagoggend al gery om 31 Mei die Plasies in hulle agterplaas aan te vat. Merensky en Volkies het tans ewe veel punte op die punteleer. ‘n Oorwinning vir die Potchefstromers sal baie momemtum vir die seisoen vorentoe gee.
“Merensky speel altyd harde rugby. Ons het ‘n taai week gehad na die Clash, met ouens wat siek is ensovoorts. Daar is nog drie outjies beseer wat nie die naweek gaan reg wees nie,” het de Beer gesê.
Die 1ste XV se wedstryd skop 31 Mei om 12:25 by Merensky af.



