SportSport

Gimmies en Jeugland in topstryd die naweek

Gimmies besoek Jeugland in sleutelwedstryd wat die Noordvaal Bowl se voorloper kan bepaal ná intense Clash-naweek.

Die twee spanne wat bo aan die punteleer in die Noordvaal Bowl afdeling is gaan mekaar op 31 Mei in Kempton Park die stryd aansê.

Gimmies reis Jeugland toe om hulle nommer een plek op die punteleer te probeer hou. Jeugland wat verlede jaar nog in die strawwer Skild afdeling ge speel het gaan dit nie vir Gimmies maklik maak nie.

“Hulle het ‘n punt om te bewys, so ons sal ons storie moet ken,” het Regardt Kleingeld, Direkteur van rugby by GImmies gesê.

Volgens hom het die Johannesburgers net soos sy troepe goeie momentum wat albei spanne gaan wil behou.

“Dit is bietjie moeilik na die Clash, ons ouens is nog bietjie uitgeput na die naweek, maar ons gaan die dinge doen. Elke wedstryd is ‘n eer om jou skool te verteenwoordig. Dit is nou ons derde weg wedstryd, ons is al bietjie moeg om weg te speel maar dit is maar die trekking. Ons moet net aanhou veg,” het Kleingeld gesê.

Gimmies is tans die voorloper in ide Bowl-afdeling maar is net ‘n enkele punt voor Jeugland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button