SportSport

Luiperds wil momentum na Curriebeker eerste afdeling oordra

Luiperds mik na goeie begin in Curriebeker se Eerste Afdeling teen Grens – afskop dié Saterdag op Olënpark.

Die Luiperds se Curriebeker, eerste afdeling skop dié naweek, tuis teen Grens af.

Die begin van die SA beker is iets wat meeste Luiperds ondersteuners sal wil vergeet, maar in die laaste twee wedstryde het die Noordwesters begin beter speel. Dié is ide momentum wat Riaan van Straten, waarnemende hoofafrigter van die Luiperds, in vanjaar se eerste afdeling kompetisie wil invat.

“Ons het ‘n paar dinge verander, so ons het in dié drie weke hard aan onsself gewerk. Daar is ‘n lekker energie tussen die spelers die ouens het hard gewerk en is opgewonde om op die veld te kom,” het hy gesê.

Volgens Van Straten skuld hulle ‘n sterk vertoning in vanjaar se kompetisie aan hulleself, die Luiperds se ondersteuners en borge.

“Die Eerste afdeling is die kleiner unies se brood en botter. Dit is ons gewigsklas, so ons wil ‘n baie goeie vertoning lewer. Ons wil vir mense wys dat ons dit kan doen,” het hy gesê.

Volgens hom onderskat die Noordwesters glad nie die Grens nie.

“Hulle hou van ‘n los wedstryd maar is ook baie fisies. So ons kan hulle nie onderskat nie. Dit is ‘n kort kompetisie en met een glip op ‘n piesangskil dan veg jy vir oorlewing. Ons wil goed begin en dan vat ons dit week vir week,” het hy gesê.

Die wedstryd tussen die Luiperds en die Grens skop om 15:00 op Olënpark af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button