Local newsSportSport
Baillies tennis kroon hul seisoen as Noordwes wenners
Baillies se o.11A gemengde dubbels tennisspan het hul mededingers oortref om as Noordwes wenners uit die stryd te tree. ’n Dag gevul met spangees, sportmangees en pret sal vir lank onthou word.
Baillies se o.11A gemengde dubbels tennisspan is onlangs as Noordwes wenners gekroon.
Hulle het wedstyde teen, Mooirivier, Vastrap, Larries en La Hoff gewen om die titel te verower.
“Dit was nie net oor wen nie die span het elke oomblik vreeslik geniet en dit was ’n dag vol fantastiese spangees, sportmangees en pret op die baan,” het Sidney Thompson, die span se afigter gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



