’n Graad 11-leerder van Gimmies met buitengewone talent en toewyding, is onlangs aangewys as Krieket Suid-Afrika (KSA) se provinsiale vrouespeler van die jaar.
Dit is ’n indrukwekkende prestasie vir Deidré van Rensburg.
Van Rensburg is tans deel van die Noordwes Dragons-vrouespan, en haar spel getuig van harde werk. Sy is verlede jaar vir die Protea o19-vrouekrieketspan gekies wat aan die Jeug T20- internasionale reeks deel geneem het.
By Gimmies is daar groot trots en opwinding oor Deidré se prestasie. Die skool hou haar krieketloopbaan met groot belangstelling dop en is vol vertroue dat sy nog baie hoër hoogtes in die sport gaan bereik.
Met talent, toewyding en ondersteuning aan haar sy, is daar geen twyfel dat Deidré van Rensburg se naam nog lank in krieketkringe gehoor gaan word nie.



