SportSport

Volkies troef Randburg in Noordvaal Bowl-kragmeting

Volkies se 1ste span het Randburg met 36–26 in ’n fisieke wedstryd in Potchefstroom geklop. Die oorwinning vorm deel van ’n suksesvolle dag met vyf ander seges.

Volkies het die afgelope naweek vir Randburg in Potchefstroom verwelkom vir ‘n Noordvaal Bowl-afdeling kragmeting.

Die Potchefstromers het die manne van Johannesburg met 36-26 geklop. Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV was dit ‘n klipharde stryd.

“Hulle is baie fisies, maar ons het onsself goed van ons taak gekwyt. Veral in die eerste helfte het ons goed gespeel, ons het dit bietjie laat gaan in die tweede helfte, maar ons het hom darem deur getrek. Ons was op die dag net net so bietjie beter as hulle gewees,” het hy vertel.

In die ander ouderdomsgroepe het Volkies ook nog vyf oorwinnings ingepalm. Dinamika het egter ‘n goeie naweek teen Gimmies beleef wat hulle plek vir promosie versterk het.

Volkies is komende naweek weer tuis wanneer hulle teen Ermelo te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button