Daar is gevra, en nou is dit hier. Classic Clash 2.0
Volkies en Gimmies se 1ste XV spanne gaan mekaar in die Noordvaal Bowl afdeling se eindstryd aanpak. Dit nadat hulle gister,23 Augustus beide hulle halfeindstryde gewen het. Volkies het met 26-24 vir Bergsig geklop. Gimmies het op hulle beurt met 22-18 as oorwinnaars teen Jeugland uit die stryd getree het.
Beide wedstryde was regte uitklop rondte rugby, met die wedstryde wat heeltyd in die balans was. Volkies het ‘n paar skuiwe gemaak wat vir hulle goed afgekom het, Terwyl Gimmies se ‘bomb squad’ hard moes werk vir hulle oorwinning.
Volgens mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, was dit ‘n wedstryd vir die boeke waar die voortou kort-kort hande geruil het.
Ons was vroeg aggter en toe is ons binne een punt, toe gaan druk ons twee keer, toe kry hulle ‘n strafskop, maar ons het dit uiteindelik deurgetrek, so nou is dit Gimmies op Gimmies,” het de Beer vertel.
De Beer en sy troepe het sake om reg te stel teen Gimmies, wie hulle vroeër in die seisoen geklop het. Volkies se momentum het ‘n opwaartse kurwe begin toon en daar is nog die kans vir promosie waarvoor hulle kan speel. In die vorige ontmoeting het Gimmies se vaste fasette goed gevaar en hulle het die manne van Volkies se vaste fasette ontwrig. Dit gepaard met goeie verdediging het die Gimmies as 21-12 as oorwinnaars uit die stryd laat tree.
Volgens Regardt Kleingeld,Direkteru van rugby by Gimmies, moes sy span baie harde werk insit om die oorwinning in die halfeindstryd te beklink.
“Beserings het my nog bietjie gekniehalter, so die “bomb squad” moes ons kom red. Niemand het aan die begin van die jaar hierdie groep ‘n kans gegee nie. Niemand het gedink ons gaan ‘n eindstryd maak nie. Maar die manne baklei elke week hard en ek kan net vir hulle dankie sê. Nou is dit hier soos almal dit wou gehad het. Classic Clash 2.0 ek weet nie of my hart nog 70 minute gaan hou nie, maar ek is bly vir ‘n eindstryd in Potch, dit is baie goed vir die dorp,” het hy gesê.
Al die Noordvaal Bowl afdeling eindstryde sal op 30 Augustus by Gimmies se gronde plaasvind. Gimmies se o.14 span gaan ook in die eindstryd teen Jeugland speel. Die o.15 eindstryd sal tussen Ermelo en Eldoraigne beslis word terwyl die o.16 eindstryd ‘n geveg tussen Eldoraigne en Merensky gaan wees. Hou die Herald se webtuiste dop vir tye wat die wedstryde plaasvind.
“Toe ons verloor het, toe was ek hartseer en het ek gehuil. Ek het gebid vir nog net een kans om teen hulle te speel,”vertel De Beer.



