Die stof het nog nie behoorlik na die naweek se eindstryd gaan lê nie, maar die seisoen is nog nie op ‘n einde nie.
Die tyd van die jaar word daar sewestoernooie gespeel. Die eerste een vind komende naweek op 5 en 6 September op Lichtenburg plaas.
Die toernooi is die Luiperds-sewes toernooi, waar die twee beste spanne in die o.15 en o.17 groep kan kwalifiseer om teen die top twee spanne van die ander unies van die Noordvaal te staan kan kom. Tydens hierdie toernooi word die provinsiale sewesspan ook gekies.
Volkies het verlede jaar die titel as beste sewes span ingepalm en is opgewonde om weer die titel te wen, veral na hulle oorwinning in die Noordvaal bowl afdeling se eindstryd.
“Ons sien baie uit na die toernooi,” het Mighael de Beer, afrigter van Volkies gesê.
Gimmies wat ook in die afgelope naweek se eindstryd gespeel het, benader die toernooi as nog ‘n kans om hulle spelers se individuele vaardighede te verbeter.
“Ons het net drie om voor te berei so ons fokus sal op die NWU prestige toernooi wees, ons spelers se vaardighede te verbeter en vir die seuns om dit te geniet,” het Regardt Kleingeld, direkteur van Rugby by Gimmies gesê.



