SportSport

Gimmies verpletter rekords by Interhuis

Gimmies se atlete het in strawwe kompetisie teen mekaar vir puik uitslae by hul Interhuis-byeenkoms gesorg.

Potchefstroom Gimnasium se kranige atlete het hul vaart en krag by die 2026 Interhuis atletiekbyeenkoms bewys met 11 rekords wat in die slag gelê het.

Gimmies se top atlete het hul talente op die NWU McArthur Atletiekstadion ten toon gestel en bewys dat hul vanjaar alles insit om die boonste trappie van die podium te bereik.

Rea Manyapelo, Stephané Hook en Logan Botes was van Gimmies se top atlete by die Interhuis.

Hayley Lues het in die 90 m hekkies & 300 m hekkies rekords gebreek en is as die Junior Victrix Ludorum en beste hekkie-atleet aangewys.

Die naelloper en verspring-atleet, Rea Manyapelo, is as die Junior Victor Ludorum aangewys.

Imké Bornman het weer eens haar slag met die diskus bewys en die prestasie van die dag opgelewer met ‘n nuwe rekord in hierdie worpe-item.

Stephané Hook (spiesgooi) het ook ‘n rekord gebreek en stap met die titel as die Senior Victrix Ludorum weg.

Die Senior Victor Ludorum is Logan Botes was in die gewigstoot en diskus puik presteer het.

Hier is die hoogtepunte:

Beste atlete

  • Beste naelloopatleet (dogters) – Lezanke Pienaar
  • Beste worpe-atleet (dogters) – Imké Bornman
  • Beste hekkie-atleet (dogters) – Hayley Lues
  • Beste middel- en langafstand (dogters) – Alrike Hattingh
  • Beste spronge – Lize du Plessis
  • Beste naelloopatleet (seuns) – Rea Manyapelo
  • Beste worpe-atleet (seuns) – Vinaldo Spamers
  • Beste hekkie-atleet – Conner Hollenbach
  • Beste middel- en langafstand (seuns) – FC Jonck
  • Beste spronge – Rea Manyapelo

Interhuis 2026 – Spesiale Toekennings

  • Junior Victrix Ludorum – Hayley Lues
  • Junior Victor Ludorum – Rea Manyapelo
  • Senior Victrix Ludorum – Stephané Hook
  • Senior Victor Ludorum – Logan Botes
  • Prestasie van die dag – Imké Bornman

Atlete bo 800 punte

  • Imké Bornman – diskus (rekord) & gewigstoot
  • Doneli Steynberg – diskus & gewigstoot
  • Hayley Lues – 90 m hekkies & 300 m hekkies (rekord in beide)
  • Stephané Hook – spiesgooi (rekord), gewigstoot & diskus
  • Lizé van Zyl – 100 m hekkies (rekord) & 100 m
  • Lize du Plessis – 200 m
  • Keilla Chatambudza – 400 m hekkies (rekord)
  • Vinaldo Spamers – gewigstoot & diskus
  • Lezanke Pienaar – 200 m (Rekord) & 100 m
  • Logan Botes – Gewigstoot & diskus
  • Dianie du Preez – 200 m, 100 m & 400 m
  • Katlego Mphamo – 300 m hekkies (Rekord)
  • Conner Hollenbach – 110 m hekkies (Rekord)
  • Rea Manyapelo – Verspring
  • Damian Zwahlen – Spiesgooi
  • Benyamin Kriek – Driesprong (Rekord)
  • Alrike Hattingh – 800 m & 300 m hekkies (Rekord)

Interhuiswenners

  • 1ste – Pikke
  • 2de – Grawe
  • 3de – Ankers

Geesbeker – Grawe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button