Dit was ‘n naweek om te onthou vir Potchefstroom Gimnasium se eerste en o/15A krieketspanne wat beide tuis en weg oorwinnings teen Hoërskool Nelspruit behaal het.
Die eerstespan het danksy Ulrich Botha se 87 en goeie boulwerk van Jahndré Coetzee (3/27) en Henré Cronje (2/27) daarin geslaag om Nellies met 42 lopies te klop.

Botha se 87 was die anker vir sy span in hul totaal van 213 almal uit in 44.1 boulbeurte. Gimmies boul vir Nelspruit uit vir 171 in 42.3 boulbeurte.

Gimmies se o/15A’s behaal ‘n oortuigende 177 lopies sege teen Nelspruit op die Gimmie-Oval.
Adriaan Kruger (4/13) en Christiaan du Plessis (3/25) maak amok om Nelspruit vir slegs 75 uit te boul. Dit nadat Gimmies ‘n goeie 252 almal uit in 48 boulbeurte gemaak het.
Juvan Botes is die top lopiemaker met 39 lopies.



