Potch Dorp Rugbyklub speel komende Saterdag, 9 Mei in hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Neserliga wanneer hulle teen Rustenburg Impala te staan kom.
Dit behoort ‘n titaniese stryd op Piet Bosmanpark te wees. Die eerstespanne sal om 16:00 afskop terwyl die tweede spanne hul kragmeting om 14:15 begin.
Beide klubs is in goeie vorm en sal graag hul dorpe met eer verteenwoordig.
‘n Voormalige staatmaker van Potch Dorp Rugbyklub, Marnus Venter, sal teen sy ou spanmaats vir Impala uitdraf. ‘n Ander bekende gesig in Impala se geledere is Keenan Twigg, ‘n oud-Gimmie en Luiperds speler.
Potch Dorp sal onder die kapteinskap van Delarey Swart, hul merk op tuisveld wil maak. Ander staatmakers in Potch Dorp se span sluit, Doynton Berry, Ryno Visagie en Frank-Lee Jackson, in.
Potch Dorp se eerstes het verlede naweek in ‘n wegwedstryd in Driefontein vir Sibanye Stillwater Lions met 29-27 geklop. Die tweedespan het met 32-13 gewen.



