Laerskool Baillie Park se o13A-krieketspan het vanoggend (Dinsdag, 19 Mei) vir Laerskool Mooirivier se o13A’s met 8 paaltjies geklop tydens die Classic Clash-krieketdag op die JB Marks Oval.
Dit was ‘n groot eer vir hierdie jong seuns om op ‘n internasionale krieketstadion te kon speel en hulle talente ten toon te stel.
Foto’s: Wouter Pienaar












Baillies se kaptein, Rigard Maree, het met ‘n onoorwonne 62* (52 balle) sy span oor die wenstreep geneem in hulle lopiejaagtog, waar hulle 93 vir ‘n oorwinning benodig het.
Baillie het die teiken in 17.4 boulbeurte bereik nadat hulle vroeër vir Tokkies tot 92/9 in 20 boulbeurte beperk het.
Declan Taute met 23 (24 balle) was Tokkies se hooflopiemaker. Ruben Botes, met 2/10 in vier boulbeurte, het die druk met sy draaiballe gehandhaaf. Hy is ook as die bouler van die wedstryd aangewys.
“Dit was lekker om hier te speel. My raad is om op die voorvoet te bly, omdat die balle van die snelboulers vinniger deurgekom het,” het Rigard na die wedstryd gesê.
*Potch Central School speel nou tans teen Laerskool M.L. Fick in ‘n o13A-stryd op die JB Marks Oval. Dit is die tweede wedstryd van die dag, met die Volkie-Gimmie eerstespan krieketstryd wat 18:00 plaasvind.
Die telling kan hier gevolg word



