Die afwagting is tasbaar vir ‘n skouspelagtige sportnaweek tussen Volkies en Gimmies tydens die 2026 Classic Clash vanaf 22-23 Mei by Hoër Volkskool Potchefstroom.
Gimmie- en Volkie-ondersteuners het reeds die eerste vonke van die naweek beleef met tennis in Gimmies se guns en krieket in Volkies se guns, wat vir skitterende aksie gesorg het.
Nou wag ondersteuners gretig vir die groot vuurwerkvertoning wat hierdie naweek op hulle wag, met ’n sportprogram van rugby, netbal en hokkie wat beloof om die atmosfeer behoorlik aan die brand te steek.
Vanjaar sal Volkies op hul tuisveld hul stempel wil afdruk en, nes in 2022 in hul eeufeesjaar, weer die eerste span rugbywedstryd wen.
Daardie keer het hulle met 27-10 gewen. Ander oorwinnings sluit in ‘n naelbyt 18-17 oorwinning in 2016 en ‘n oortuigende 50-10 sege in 2018. 2015, 2017, 2019, 2023, 2024 en 2025 was Gimmies se jare van sukses. Indien hul vanjaar wen, sal dit die vierde agtereenvolgende keer wees.
Hierdie naweek bied geleenthede vir albei skole se agtstemanne, Johannes Lombard (Volkies) en De Wet Grobler (Gimmies) om die Classic Clashbeker as kapteins omhoog te hou. Albei kapteins is in hul matriekjaar en kan aan geen beter manier dink om hul span na ‘n sege te lei nie.
Buiten die rugby, gaan die hokkie- en netbalwedstryde net so senutergend wees.
Al die eerstespan-wedstryde behoort kop aan kop te wees. Volkies se netbaldogters, onder die kapteinskap van Haylene Blankenberg, sal hul tuisvoordeel wil benut, terwyl Gimmies, onder leiding van Anke Jacobs, die partytjie sal wil bederf met ‘n wen op hul tradisionele teenstanders se gronde.
“Ek sien uit om die gees te beleef om as ‘n matriek in my laaste jaar deel te neem,” noem Jacobs.
Haar teenstander beaam dat die wedstryd opwindend gaan wees en dit is juis wat haar gemotiveerd gaan hou. “Hierdie wedstryd bring die beste uit elke skool uit. Ek sien uit na die laaste een wat spesiaal gaan wees,” sê Blankenberg.
Dit sal ook die eerste keer wees wat die Classic Clash op Volkies se astrohokkiebaan gaan plaasvind. Vir beide die seuns- en dogtershokkiespanne is dit ‘n voorreg om hul skool te verteenwoordig. Volkies se hokkiedogters is nie verniet die NWU Prestigereekskampioene nie en sal alles wil insit om te wys dat hul die oorhand oor Gimmies kan kry. Dit is ‘n gulde geleentheid vir beide Volkies se seuns- en dogtersspanne om hul naam in die geskiedenisboeke te skryf.
“Dit is altyd lekker om die respek tussen die skole te sien. Dit is ‘n groot voorreg om deel van dit te wees,” noem Nicola van Schalkwyk, Volkies se eerstespankaptein.
“Dit gaan ‘n groot een wees. Ek sien baie uit daarna,” beklemtoon Bennet Keet, Gimmies se eerste seunshokkiespan-kaptein.
‘n Ander opwindende aspek is die netbal- en rugbyvoorwedstryde tussen oud-Volkies en oud-Gimmies wat gaan plaasvind, om die energie en tradisie uit verskillende matriekgroepe bymekaar te bring.
Bepalings:



Die eerstespanne:
Rugby
Volkies eerstespan:
- Albert Odendaal, 2. Peet Fourie, 3. Michael Rochat, 4. Nolan Roets, 5. Jannie De Wet, 6. Wian Victor, 7. AJ Du Plessis, 8. Johannes Lombard (kaptein), 9. Raynard De Klerk, 10. Kyle Hatting, 11. Christiaan Gouws, 12. River Sameul, 13. Lethabo Riet, 14. Handro Jacobs, 15. Carlo van der Merwe
Plaasvervangers:
16. Brent Burger, 17. AB Brink, 18. Du Preez Zaayman, 19. CC Grobler, 20. Marthin Koch, 21. Lourenzo Louw, 22. Juan van Niekerk, 23. JC Menezies

Gimmies eerstespan:
- Rynel Rautenbach, 2. Meyer van der Wath, 3. Nic Dreyer, 4. Ignu du Toit, 5. Phillip Botha, 6. Zach De Jager, 7. Damien Zwahlen, 8. De Wet Grobler (kaptein), 9. Brendon Kellerman, 10. Zandre Da Silva, 11. Rea Moalosi, 12. Daniel Marais, 13. Durand Du Plooy, 14. MJ Potgieter, 15. Josh Pretorius
Plaasvervangers:
16. Hardu Wolmarams, 17. Owen Human, 18. Jerry Laufs, 19. Evan Human, 20. Charl Coetzer, 21. Paul Greyling, 22. Itumeleng Pheto, 23. Ruan Delport

Netbal
Gimmies eerste netbalspan:
Anke Jacobs (kaptein), Doneli Steynberg, Roanri Hendriks, Lehani Vorster, Lijanke Mostert, Chené du Toit, Deane Enslin, Lizelke Rowles, Diané Pretorius, Milana Matthyse
Volkies eerste netbalspan:
Haylene Blankenberg (kaptein), Megan Isherwood, Milan Krauze, Janize Maree, Nadine Mulder, Nicki Tromp, Danike Van Zyl, Juanet Willemse, Stella Mahale, Lebo Miga.

Seunshokkie
Volkies eerste seunshokkiespan:
JT van Staden, Zacharias le Roux, Christiaan van den Heever, Jayden van Dyk, Michael Devenish, Albert le Roux, Dihan Swart, Renier Barnard, Wynand Kershoff, Leslie Jackson (Jr), Kagiso Sekoena, Ewan Wolmarans, Nicholaas Moolman, Christiaan Verster, Reinhardt Cordier (kaptein), Suresh Adams.
Gimmies eerste seunshokkiespan:
Bennet Keet (kaptein), Heinrich Raubenheimer, Daniël van Romburgh, Benjamin van Wyk, Ruan Verster, Christivan Coetzer, Ben Burger, Inus Visser, Rehan Potgieter, Rienk van Wyk, Ulrich Botha, Joshua van Vreden, Gideon Immelman, Lukas van Vreden, Fanie Buys, Robbie Jardim.
Dogtershokkie
Volkies eerste dogtershokkiespan:
Chazé Viljoen, Alexis Duvenhage, Clarinda de Wet, Zanerie Rohlandt, Yolindi Botes, Tessa Ferreira, Nicola van Schalkwyk (kaptein), Carli van Niekerk, Annemi Oosthuizen, Johmari Serfontein, Nicoale Pelser, Maré Coetzee, Suryke Duminy, Bianca Botha, Suné Coetzee, Marni van Jaarsveld
Gimmies eerste dogtershokkiespan:
Oratile Windvoël, Diani van Niekerk, Ninke de Bruin, Elani Schabort, Linette Hartman, Inge Hamm, Timari Jonker (kaptein), Anienke Herbst, Gardi Jonker, Ronél Hartman, Charike Olivier, Lienke Coetzee, Nicole Lourens, Megan Venter, Anke Bornman, Cara Hulley



