Dit was ‘n stryd van verskillende eras hierdie afgelope Saterdag (23 Mei) toe Volkies se Old Boys teen Gimmies se Old Boys te staan gekom het.
Dit was ‘n klipharde kragmeting met albei spanne wat weer die geleentheid geniet het om hul skool voor ‘n vol pawiljoen te kon verteenwoordig.
Garann Kriek het Gimmies gelei met Ryno Visagie wat Volkies as kaptein verteenwoordig het.
Kyk die foto’s hier:














Volkies het op die ou einde met 13-10 gewen danksy drieë van Zandré Jansen van Vuuren en Cobus van Aswegen.
Gimmies het ook twee drieë ingesamel om die wedstryd gelyk te maak in die tweede helfte. Dillon Maepi en GJ Jansen van Rensburg het Gimmies se drieë gedruk.
Jaco Pretorius het met ‘n strafdoel die wedstryd gewen.
Dit was ‘n trotse oomblik vir albei spanne om die voorwedstryd vir die 2026 Classic Clash te wees. Op die veld was sake hard, maar na die eindfluitjie was daar wedersydse respek na ‘n goeie wedstryd.



