SportSport

Gimmie oorlede na dapper stryd teen kanker

Medelye vanuit verskillende oorde het op sosiale media verskyn nadat Christie Moolman, haar laaste asem uitgeblaas het.

Een van Potch Gimmies se geliefde graad 11-leerders, Christie Moolman, is vandag (Sondag, 7 Junie) aan limfoomkanker oorlede.

Christie het ‘n spesiale plek in talle Gimmies se harte gehad, wat haar as ‘n vegter van formaat geken het. Ten spyte van haar siekte het sy buitengewone dapperheid getoon. Nadat sy in 2023 met dié kanker gediagnoseer is, het sy steeds aan sport deelgeneem en uitgeblink.

Die skool het ook in Maart vanjaar ‘n ma-en-dogter-oggend aan Christie opgedra om fondse vir haar in te samel.

Christie Moolman (regs) kry ‘n drukkie van Maryke Coetzee tydens Gimmies se ma-en-dogter oggend in Maart. Foto: Potchefstroom Gimnasium/Facebook

“Sy het voluit geleef en haar merk op verskeie sportbane en -velde gemaak. Sy het ook ‘n baie spesiale plek in die Cachet-dogterskoshuis gehad. Ons bid vir Jesus se vertroosting en vrede vir haar familie en naasbestaandes in hierdie uiters moeilike tyd,” noem Gimmies op hul Facebookblad.

“Ons harte is vandag saam met Gimmies. Christie Moolman was ‘n merkwaardige jong dame – akademies sterk, sportief en ‘n ware vegter. Mag haar nalatenskap voortleef in almal wat haar geken het. Ons dink in hierdie tyd ook aan haar familie en vriende en bid vir krag en troos vir hulle,” het Volkies Potch op hul Facebookblad gedeel.

Christie was oorspronklik van Bothaville en was hoofdogter van Eben Dönges Primêre Skool.

“Baie sterkte aan haar gesin, familie en almal wat vir haar lief is. Mag ons herinneringe aan haar en die vreugde wat sy in ons lewens gebring het, ons almal troos,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button