Laerskool Mooirivier se o9A en o11A rugbyspanne het hul alles in die Luiperds A-afdeling eindstryde gegee, maar moes tevrede met die tweede plek wees.
Hierdie wedstryde het op Dinsdag, 9 Junie op Olënpark plaasgevind met ouers en familie wat die jong spelers luidrugtig aangespoor het.

Tokkies se o9A rugbyspan het met 8-0 teen Laerskool Saamtrek van Klerksdorp verloor, terwyl die o11A rugbyspan met 10-5 teen Laerskool Proteapark van Rustenburg vasgeval het.
Mooirivier se o9B en o11B-spanne is Noordweswenners nadat hul gemaklike oorwinnings behaal het.
Die o9B’s wen 26-0 teen Saamtrek en o11B’s wen 24-0 teen Proteapark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



