SportSport

Volkies se eerstes bly koelkop teen Brandwag

Volkies se eerste rugbyspan het met 29-12 teen Brandwag gewen.

Volkies se eerste rugbyspan het vir ‘n tweede naweek in ‘n ry ‘n goeie sege teen opposisie in die Virseker Noordvaalbeker behaal.

Hierdie afgelope Saterdag (13 Junie) het Volkies vir Brandwag met 29-12 in ‘n oorkruiswedstryd in Benoni geklop. Die haker, Peet Fourie het ‘n driekuns van drieë gedruk om sy span ‘n 17-0 voorsprong te gee.

Die losskakel, Kyle Hattingh het ‘n pratige onderskepdrie gedruk nadat hy vinnig gedink het in sy eie 22. Die binnesenter, River Sameul het die wen met ‘n drie op die einde beklink.

Volkies se o15A’s het met 20-17 gewen terwyl die o14B’s met 27-0 die knoop deurgehak het.

Brandwag het al die ander wedstryde gewen.

Volkies is steeds in die laaste plek op die Bowl-Wes punteleer met 117 punte. Hul is 16 punte agter Jeugland wat in die vyfde plek is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button